Die toestand van 'n spoorlyn is uiters belangrik vir treine wat goedere en passasiers vervoer. Soms is daar 'n voorwerp in sy pad, en dit kan moeilikheid veroorsaak. Die opmeet-en-inspeksietoestel, wat bekend staan as SID, is deur die WNNR ontwerp om hierdie soort voorvalle te voorkom. Peter Bosscha, die WNNR se navorsingsgroepleier vir megatronika en mikrovervaardiging, het aan Martin Headger verduidelik hoe die voertuig werk.