Al ooit gewonder waar astrobane vandaan kom? Die idee kom reeds uit die jare sestig. Die inspirasie vir die kunsmatige, matagtige oppervlak, wat hoofsaaklik uit nylon betaan, was om koste te bespaar op die instandhouding van binnenshuise grasbane. Rassie Pieterse, die nasionale hokkiespan se doelwagter, vertel vir Este Gross wat die voordele van 'n astrobaan is. Hy verduidelik ook hoekom dit nodig is om die oppervlak voortdurend nat te hou tydens spel.