Jy mag dalk goed kan hoor, maar hoe goed lúíster jy? Annelize Bonthuys, 'n voorligtingsielkundige en Tomatis- konsultant van die Instituut vir Sielkundige Welstand by die Noordwes-universiteit, sê alhoewel tegnologie vandag se generasie baie visueel stimuleer, word ouditiewe stimulasie dikwels agterweë gelaat. Die oormatige visuele stimulasie veroorsaak dat sommige kinders, en selfs ouer mense, sukkel om effektief te luister. Tog kan tegnologie ook positief ingespan word. Annelize verduidelik aan Este Gross hoe die Tomatis luistertoestel -en program gebruik word om luistervaardighede te verbeter.