Volgens die Wêreld Gesondheidsorganisasie is sowat 85% van mediese afval wat afkomstig is van mediese instellings, onskadelik. Dit is egter die oorblywende 15% wat beskou word as gevaarlik, moontlik aansteeklik, toksies of selfs radio-aktief. Met die statistiek in ag geneem, vra ons: hoe kan jy 'n verskil maak as jy die dag jou medisynekassie uitsorteer? Este Gross praat met Apteker Heidi Müller oor wat jou te doen staan.