Elvis Presley se debuut album is 60 jaar gelede in Maart 1956 uitgereik. Dit is nommer 56 op die Rolling Stone-tydskrif se 500 beste albums van alle tye. Een van die treffers op die album is Blue Suede Shoes, 'n liedjie wat vandag sinoniem met Elvis is. Wat min mense egter weet, is dat Carl Perkins eintlik Blue Suede Shoes geskryf het, en dat hy vóór Elvis gróót sukses daarmee gehad het. Vandag word die treffer beskou as 'n mylpaal, wat nuwe status aan Rock & Roll gegee het. Este Gross vind meer uit oor die oorsprong van die lied.