Stel jou voor jy is in die sirkus, die ligte skyn op jou soos jy deur die lug dans en toertjies uitvoer, wat die toeskouers na hulle asems laat snak. Jy knoop jou in lappe toe wat meters hoog in die lug hang… en dan val jy en vang jouself net betyds voor jy die grond tref. Dit is alles nou moontlik by die Sky Dancing-skool in Johannesburg. Mari Theron, mede-eienaar, vertel vir Christelle van Tonder wat Sky Dancing behels.