Inligtingsadvertensies (of infomercials) verkondig graag dat jy die produk – “nou dadelik – teen 'n spesiale aanbod” kan koop. Hulle oortuig ook soms verbruikers dat jy “'n Spierpaleis in 'n minuut en Einstein in 'n maand” kan wees. Alhoewel die soort advertensies dikwels oordrewe is, is dit niks nuut nie – die eerste inligtingadvertensie in 1949 het byvoorbeeld gehandel oor 'n versapper – Vitamix, wat kwansuis, noodsaaklik was vir jou oorlewing. Este Gross het Clarissa Muir van die Universiteit van Johannesburg se Departement Strategiese Kommunikasie gevra om na die advertensie te kyk en dit te vergelyk met vandag se advertensies. Clarissa vertel wat sy van die advertensie gedink het.