Die heel eerste DJ Tydren – is reeds in 1913 gehou. Die tydren bestaan uit 'n klomp veteraanmotorfietse, almal ouer as tagtig jaar. Este Gross het onlangs 'n draai gaan maak by 'n pitstop van die tydren in Heidelberg, Gauteng. Este praat met die baanbestuurder van 2016, Ian Holl, wat meer vertel van die geskiedenis van die DJ tydren.