Navorsing en tegnologie rakende amputasies (verwydering van ledemate) en prostese (kunsmatige ledemate) is 'n hoë tegnologiese bedryf, waar ortotiste gedurig na maniere soek om mense se lewe te vergemaklik en hulle onafhanklikheid te verseker. Die bedryf dateer terug na die tyd toe die Hindoe-geloof se Rigveda geskryf is, tot vandag waar die Terminator Arm as die mees gevorderde kunsmatige ledemaat beskryf word. Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius het wêreldbekendheid verwerf as Blade Runner met sy hoë tegnologie koolstoflemme. Fritz Klaaste het aan 'n ortotis by Heinrich Grimsehl gevra oor die ontwikkeling van prostese.