In Afrikaans is daar baie spreekwoorde wat na die kat verwys: As die kat weg is, is die muis baas; om die kat uit die boom te kyk; die kat in die donker te knyp; of om 'n kat in die sak te koop. Hoe dit okal sy, die kat kom altyd weer, hoe dan anders met nege lewens? Este Gross het met prof. Jac Conradie van die Afrikaanse Departement aan die Universiteit van Johannesburg gepraat om uit te vind waar die liedjie “Die kat kom weer” vandaan kom. Hy vertel ook die verhaal van 'n kat wat jy liefs nie sonder handskoene moet aanpak nie...