Die woord zombie het 'n verwantskap met die Kongolese woord nzambi, wat god beteken. Volgens Haïtiaanse volksverhale is 'n zombie 'n lyk wat deur middel van voodoo of toorkuns uit die graf uit opstaan. Maar waar kom die bygeloof van die zombie vandaan? Christelle van Tonder het gaan uitvind.