Jare gelede was ons vaders en moeders, oumas en oupas heeltemal gemaklik om met fiets of perdekar oor lang afstande te reis. Niks het hulle gejaag nie. Vandag wil ons alles so gou moontlik afhandel. Maar aan die einde van elke jaar wil ons weet, hoe het die jaar so vinnig gevlieg? Wat het verander?