Die winter is hier en jy moet jou nie net pantser teen die kouefront nie, maar jou sommer ook reg maak vir die kombersstryd. Ja, dit is weer sulke tyd. As jy weer sien het jou wederhelf die hele kombers vir hom/of haarself gesteel. En as julle nie in n stryd gewikkel is oor die kombers nie, kry die een te koud en die ander te warm. Este Gross vind uit by Dr. Jean du Plessis hoekom mans en vroue temperatuur verskillend ervaar. En wie nou eintlik die kombers die nodigste het…