Al ooit gewonder waar draakkoppe, die gotiese klipmonsters op ou kerke en katedrale, vandaan kom? Hierdie dekoratiewe dakspuite staan oor die algemeen bekend as gargouilles, 'n Franse woord vir keel. Gargouille is familie van die Latynse woorde, Gula en gargula, wat nogal herinner aan die Engelse gargle en die Afrikaanse gorrel. Dit is nogal beskrywend as jy dink aan die klank van die water wat die gargouilles op 'n reënerige dag uitspoeg. Este Gross vind uit wat die oorsprong van draakkoppe is.