Op verkiesingsdag onthou Antoniem hoe algemeen dit jare gelede was dat vaders op hulle sterfbeddens hulle kinders laat sweer het dat hulle na sy dood sal aanhou om vir sy geliefde party te stem, kom wat wil! Gebeur dit dalk steeds met ander partye se blinde(lingse) volgelinge ook?