Verbeel jou dat jy op 'n seeperdjie ry wat van plastiek gemaak is… In plaas van leisels, het jy handvatsels. En in plaas van bene is dit die druk van die water wat jou hoog laat styg en laag laat duik. Martin Headger het dit beleef en self ruiter gespeel by Sun City. Wilson Mabule, die operateur van die Jetovator, verduidelik hoe hierdie watersport werk.