Mediese tegnologie het so gevorder dat jy net vir 'n paar minute stil hoef te lê vir 'n dokter om te weet wat jou makeer. Martin Headger het by Corrine van Deventer, 'n radiografis by die Milparkhospitaal in Johannesburg gaan hoor hoe 'n MRI-skandeerder werk.