24 September is vir die meeste Suid-Afrikaners Nasionale Braaidag, maar volgens die amptelike kalender staan dit bekend as Erfenisdag. Behalwe vir die dag se feesvieringe is daar ook 'n week en volle maand met opwindende geleenthede waar jy jou erfenis kan uitleef en iets van 'n ander kultuur leer. Melody Kleinsmith is die bemarkings- en kommunikasiebestuurder van die Iziko Museum in Kaapstad. Sy gesels oor erfenisweek wat vandag afskop en hoe jy betrokke kan raak voor jy die vure aansteek.