Die Verenigde Nasies se Wêreldtoerismedag word op 27 September gevier. Die doel van die dag is om bewustheid te skep oor die belangrikheid van toerisme asook die maatskaplike, kulturele, politieke en ekonomiese waardes wat daarmee gepaard gaan. Ettienne Ludick het meer oor hierdie dag gaan uitvind.