Daar is 'n dierehospitaal in Greenside, Johannesburg, wat almal aan die gons het. Katte word vermaak deur hulle eie TV, honde het hulle eie speelarea en die hele hospitaal is boonop ekovriendelik. Dr. Joubert Viljoen het Christelle van Tonder op 'n toer deur die hospitaal geneem, en vir haar verduidelik hoekom hulle besluit het om die hospitaal ekovriendelik te maak.