Klimaatsverandering is nie net iets waaroor grootmense hulleself bekommer nie. Jongmense is terdeë bewus van die veranderende klimaat en die bedreiging wat dit vir die aarde inhou. Lizma van Zyl gesels met 'n toegewyde onderwyseres en twee slimkop Graad 12-leerders van die Hugenote Hoërskool op Wellington oor klimaatsverandering – 'n vakgebied waaroor leerders deesdae getoets word.