Toeganklikheid tot openbare plekke vir mense met gestremdhede bly 'n kopseer omdat instansies nie behoorlik hiervoor voorsiening maak nie. Ettienne Ludick en Sue Pyler praat met Danie Marais, bestuurder by die Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremdhede, oor strande en die rol wat hulle gespeel het om te verseker dat Muizenbergstrand in die Wes-Kaap strand-rolstoele gekry het.