Ivor Schwartz het in geweldadige omstandigehede op Grabouw grootgeword. Sy pa is oorlede toe hy drie jaar oud was, en sy ma het hom en sy twee broers alleen grootgemaak. Hy het as tiener sy ouer broer, Deon, doodgeskiet, en is op 15-jarige ouderdom gevonnis tot langer as ses jaar tronkstraf. Hy is nou 34 jaar oud, en leef die lewe waarvan hy altyd gedroom het. Sue Pyler en Ettienne Ludick gesels met hom oor sy lewenspad.