Dis nou belangriker as ooit om in hernubare energie te belê. So sê internasionale kenners wat waarsku dat die aarde se temperatuur binne die volgende elf jaar met drie grade kan styg as daar nie drastiese ingryping is nie. Lizma van Zyl gesels met 'n internasionale deskundige op die gebied van hernubare energie, prof. Dieter Holm, oor volhoubare opsies vir die toekoms.