Is jy in staat om jouself te verdedig wanneer jy jouself in 'n situasie bevind waar jy aangeval of beroof word? Sal jy jouself kan beskerm? Selfverdediging is 'n vaardigheid wat almal in Suid-Afrika moet aanleer. Oscar Knoester is 'n Olimpiese Judo-skeidsregter wat al 53 jaar lank die sport beoefen. Christelle van Tonder gesels met Oscar oor hoe veral vrouens hulleself kan bemagtig.