Die kollig val op huishoudelike afvalbestuur, en hoe om dit eko-vriendelik te doen. Lizma van Zyl gesels met die man wat in die Wes-Kaap in beheer is van die reuse taak, Eddie Hanekom. Hy gee handige wenke en verduidelik hoekom dit so belangrik is dat ons twee keer dink voor ons koop en wanneer ons van ons oorskiet ontslae raak.