Met die uitsondering van bye, gaan insekte toeneem en al hoe meer skade aanrig soos die klimaat verander en die aarde verwarm. Baie insekbevolkings is aan die skuif, en selfs ontplof, wat 'n groot uitwerking op mens en natuur sal hê. Lizma van Zyl gesels met 'n peste en plaekenner, dr. Gerhard Verdoorn. Hy is van mening dat die mens sy voetspoor onmiddellik en drasties moet verklein as die aarde nog vir 'n duisend jaar wil oorleef.