Boerderypraktyke moet in die lig van klimaatsverandering aangepas word. Een maatreël om boere veerkragtig te hou, is die plant van alternatiewe gewasse. Lizma van Zyl praat met die Wes-Kaapse Departement van Landbou se Hoofdirekteur: Navorsing en Tegnologie-ontwikkeling, dr. Ilse Trautmann, oor die noodsaaklikheid daarvan dat boere en produsente nie al hulle eiers in een mandjie sit met produksie nie.