Aartappels is die een groentesoort wat 365 dae van die jaar, vars op die winkelrakke verskyn. Alles dui daarop dat die aartappel vir eers die uitdagings van klimaatsverandering kan weerstaan. Lizma van Zyl gesels met 'n kenner oor hoe klimaatsverandering aartappelproduksie in die kort- en langtermyn sal raak. Suid-Afrika het 16 verskillende produksiegebiede, waarvan Limpopo, die Oos- en Wes-Vrystaat, die Sandveld en KwaZulu-Natal die grootste is.