Koolstofdioksiedvrystellings moet binne die volgende elf jaar met 45% verlaag word as 'n ramp afgeweer wil word. Só sê klimaatsveranderingkenner prof. Francois Engelbrecht. Lizma van Zyl gesels met hom oor die bevindings van hulle interregeringspaneel-verslag, en veral wat vir Suidelike Afrika voorlê gegewe die verwagte skerp temperatuurstygings oor die volgende paar dekades.