Die mens het nog die vermoë om verdere aardverwarming te voorkom, maar dit gaan 'n drastiese omwenteling vereis wat betref energiebronne. Só sê prof. Francois Engelbrecht, 'n wêreldkenner op die gebied van klimaatsverandering. Lizma van Zyl sit die gesprek met prof. Engelbrecht voort oor wat op Suidelike Afrika wag met die temperatuur wat oor die volgende paar dekades met tot agt grade Celcius kan styg. Die fokus val op die landbou en die regering se rol in die bekamping van klimaatsverandering.