Hoe 'n groot rol kan en behoort provinsiale regerings in munisipaliteite te speel met betrekking tot klimaatsverandering? Lizma van Zyl praat hieroor met die Wes-Kaapse klimaatsverandering direkteur, Goosain Isaacs. Hy vertel dat daar weens klimaatsverandering elders in Afrika, 'n toestroming van mense na die Wes-Kaap verwag word, wat druk op hulpbronne soos water en elektrisiteit sal plaas.