Aspergers is 'n soort outisme wat nie altyd korrek gediagnoseer word nie. Beroemdes wat daarmee gediagnoseer is, sluit groot geeste in soos Abraham Lincoln, Beethoven en Steve Jobs in. Ettienne Ludick en Sue Pyler gesels met Emile Gouws oor hierdie vorm van outisme. Emile is besig met sy doktorsgraad oor sy ervaring van die toestand.