Klimaatsverandering ontsien niemand of niks nie. Van die wêreld se hardwerkendste diere, donkies, ly reeds onder stygende temperature, meer hittegolwe en langer droogtes. Lizma van Zyl gesels met Annemarie van Zijl van die Eseltjiesrus Donkey Sanctuary oor wat gedoen kan word om die werkesels, wat 'n reuse rol in oorlewingsboerdery in Afrika speel, se lewens 'n bietjie makliker te maak.