Charne Hugo is bekend as sangeres en as een van die Lieflinge, maar sy is ook gestremd. Charne het onlangs haar leerlingslisensie gekry en gaan binnekort vir die bestuurstoets. Omdat Charne gestremd is sal sy nie 'n gewone motor kan bestuur nie, maar eerder 'n outomatiesemotor. Instede daarvan dat sy nou die hele motor tot haar behoeftes moet aanpas, het sy besluit om eerder 'n interessante toestel aan te skaf waarmee sy dan die motor se pedale mee sal kan beheer. Ettienne en Sue vind meer daaroor by haar uit.