Die Wes-Kaapse verkeersdepartement maak gebruik van die eBat-stelsel om dronkbestuur hok te slaan. Wat is dit, en hoe vinnig kan 'n drankie jou in die moeilikheid kry agter die stuurwiel? Ettienne Ludick vind meer hieroor uit by die Wes-Kaapse verkeershoof, Kenny Africa.