Die gesprek oor die uitwerking van klimaatsverandering op die internasionale koffiebedryf word voortgesit. Lizma van Zyl gesels met dr. Aaron Davis van die wêreldbekende Kew Royal Botanical Gardens buite Londen oor die koffiebedryf se toekoms in die algemeen, asook 'n projek om Ethiopië se koffiebedryf en ekonomie meer klimaatsweerstandig te maak. Die land is die sesde grootste koffieprodusent ter wêreld.