Hulle sê sáám is ons sterker, en 'n inisiatief wat in die Wes-Kaap en Gauteng al hoe meer sukses behaal, getuig opnuut hiervan. Industriële simbiose is die deel van hulpbronne en kennis om ekonomiese groei te bevorder en 'n meer eko-vriendelike omgewing te skep. Lizma van Zyl gesels met die bestuurder van die Wes-Kaapse Industriële Simbiose-program, WISP, oor die sinergie wat wêreldwyd, veral weens klimaatsverandering, aan die toeneem is.