Ons hoor daagliks hoe nadelig plastiekbesoedeling is, maar wat is die vernaamste probleme en wat kan ons daaraan doen? Lizma van Zyl gesels met die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Plastiekherwinnersorganisasie, Johann Conradie. Hy deel ook wenke vir die landbousektor en stedelinge oor maklike en doeltreffende maniere om plastiek te herwin en dit so uit die natuur te hou.