Eensgesind Klanklêers

Monument vir ‘n Alleenloper? Die Danie Theron Monument(e) duskant Potchefstroom.


Listen Later

'n Padlangs Erfenisstigting-episode
Om erfenisterreine te bestuur, is nie 'n maklike taak nie. Dit is nie binne elkeen se vermoë om die verantwoordelikheid van 'n erfenisbewaarder, of dalk is die Engelse woord "custodian" beter, te dra nie. Daarom moet die verantwoordelikheid om na ons erfenis om te sien, in die hande van opgeleide deskundiges geplaas word. Die Amerikaners doen dit veral in Washington DC met die “Jeffersonian Society”. In Suid-Afrika is die Erfenisstigting in Pretoria ons kampioene in die veld van erfenisbewaring,

 



Die Erfenisstigting sien om na 'n verskillende erfenisterreine op verskillende plekke, en as gevolg van hul harde werk, is die kans groter dat hierdie terreine verder sal kan voortbestaan. Hulle kort natuurlik die samewerking van die publiek. Dus, wat kan jy doen? Dit is baie maklik. Wanneer die geleentheid hom voordoen, maak seker jou voete dra jou deur die ingang na die historiese terrein. Met ander woorde, selfs 'n enkele besoek is goed genoeg, nie net vir die Erfenisstigting nie, maar ook vir die besoeker.

Historiese terreine waar die geskiedenis letterlik plaasgevind het, is waar die teenswoordige tyd saam met die verlede wals. Indien daar goed na die terrein omgesien word, is die ervaring net so winsgewend vir al die betrokke partye. Dus: die Erfenisstigting lewer 'n belangrike diens vir ons as burgers van Suid-Afrika.



Die eerste monument wat ons in hierdie reeks gaan bespreek en besoek, is die  Danie Theron Monument duskant Potchefstroom. Geleë langs die N12-hoofweg, kan die Danie Theron Monument duidelik en van ver af gesien word. Maar daar is meer as net die bekende 1950-gedenknaald vir Danie Theron wat op hierdie historiese terrein gesien kan word. Maar wie was Danie Theron en wat is die storie agter hierdie monument wat 'n mens padlangs na Potch kan sien? (Sien kaart hieronder)


                  Luister saam (op ons webblad of op ons Castbox/Itunes-klanklêerkanaal) en vind uit wie Danie Theron was en hoekom daar so ‘n indrukwekkende gedenknaald vir hom opgerig is.




 

Foto's:

1.van es.org.za

2. van af.wikipedia.org

3. Persoonlike versameling

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Eensgesind KlanklêersBy Eensgesind Klanklêers

  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5

5

2 ratings