Nog ’n misdaad skud Elmari Neethling. Sy is selfs meer ontsteld toe Theuns Malan vóór die polisie by die misdaadtoneel opdaag. Die man is darem net te gerieflik byderhand as donker dinge gebeur en dan is hy nog Meneer Behulpsaam self! Griet Kotze en Eben de Jager het self ’n donker naweek agter die blad. Min weet hulle die Maandag sal veel donkerder verloop.