100.5fm Nuus Klankgreep

Mpumalanga Premier onderneem om matriekslaagsyfer te verbeter


Listen Later

Die Premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, sê die provinsiale regering is vasbeslote om vanjaar die matriekslaagsyfer te verbeter. Hy het gepraat tydens ‘n vergadering met die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, en haar adjunkminister, Reginah Mhaule, wat vandag met die provinsiale regering vergader om sleutelkwessies in die provinsie se onderwyssektor aan te spreek. Die provinsie het vir 2024 ‘n slaagsyfer van 84.99% behaal. Ndlovu hulle is daartoe verbind om die onderwyssektor te ondersteun na die verbetering van resultate en die gehalte van onderwys. Meer as 1,3 miljoen graad 12-leerders is vir die 2025 akademiese jaar ingeskryf. 100.5FM Radio Laeveld Nuus
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

100.5fm Nuus KlankgreepBy 100.5FM Radio Laeveld