Eensgesind Klanklêers

‘n Kerk vir die ou Transvaal? Eensgesind gesels met ds. Carel-Johann du Bruin


Listen Later

ʼn Rede uit die Verlede-episode
Met die stigting van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ook bekend as Transvaal) in 1852, het nuwe staatkundige instellings die lig gesien wat die eenheidstrewe van die Transvaalse burgery moes sentraliseer. Ten opsigte van die burgery se geestelike bearbeiding, moes daar ʼn “Staatkerk” wees wat na hulle geestelike ontwikkeling kon omsien; ʼn kerk wat nie deur die Murray-predikante uit Kaapland beïnvloed was nie. Die antwoord vir die Transvalers was die Nederduitsch Hervormde Kerk.
 


In sommige kringe het dit bekend gestaan as die “Voortrekkerkerk”
Die geskiedenis van hierdie kerk, oor die laaste 160 jaar, is besonder interessant, omdat baie invloede en moontlikhede die geskiedkundige roete van hierdie kerk se ontwikkeling bepaal het. Struwelinge tussen spesifieke predikante en gemeentes, die diens van die kerk gedurende Volksraadsvergaderings en die ligging van gemeentes is maar net ʼn paar kwessies wat kerkrade en predikante moes hanteer. Dalk die belangrikste gebeurtenis wat die geskiedenis van hierdie kerk bepaal het, was die begeerte om saam te werk met ander Calvinistiese kerke en dan weer later in individuele strome voort te beweeg.

Met die einde van ʼn hartverskeurende oorlog in 1902 moes hierdie einste kerk begin help bou aan die lewens van hul gemeentelede. Hoe het hulle dit reggekry? Wat het hulle alles bemagtig na die Vrede van Vereeniging? 

'n Mens kort ʼn kerkhistorikus om die antwoorde netjies en verstaanbaar uit te lê. Ds. Carel-Johann du Bruin is net die regte persoon vir hierdie taak. Hy het met Eensgesind gesels en ons is seker u sal saamstem dat hy sy veld goed ken. Noudat Hemelvaartdag in Mei gevier word, het ons dit goed gedink om hierdie opname nou vry te stel. Gelowig of nie, die geskiedenis van die Hervormde kerk is interessant en laat 'n mens baie dink oor die ou dae in Transvaal. Luister graag saam.

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Eensgesind KlanklêersBy Eensgesind Klanklêers

  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5

5

2 ratings