Sign up to save your podcasts
Or
Soms kry 'n mens merkwaardige historiese bronne. Eensgesind het onlangs in verbinding getree met meneer Jan de Beer wat tans in Kanada bly. Sy broer, Frikkie, het in die 1970's hul ouma Hester de Beer se ervaringe in die konsentrasiekampe opgeneem. Jan de Beer was gaaf genoeg om Eensgesind die reg te gee om sy ouma se herinneringe vir die eerste keer aan die publiek bekend te stel.
Hester de Beer is in 1885 op Brandvlei, Transvaal, gebore en is op 15-jarige ouderdom deur die Britse magte in die konsentrasiekamp by Turffontein geplaas. Sy het al die swaarkry en ellende van die kamp beleef en dit het ʼn permanente indruk op haar gelaat. 70 jaar later kon sy haar wedervaringe nog duidelik onthou en haar haar kleinkind vertel.
Dit is natuurlik moontlik om deur middel van 'n historiese teks ʼn goeie prentjie van gebeure te skilder. Maar wanneer 'n mens 'n ooggetuie hoor praat, word daardie historiese gebeurtenis nog duideliker.
Indien enige van ons luisteraars meer belangstel oor die De Beer familie kan hulle hier klik vir meer inligting.
Luister saam met Eensgesind na oorlede tannie Hester de Beer se ervaringe.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
5
22 ratings