Net nog enetjie

Net nog enetjie

By Maroela MediaNews
Download on the App Store

Net nog enetjie episodes

  • Net nog enetjie | Weg met wittes | Ep. 92
    Net nog enetjie | Weg met wittes | Ep. 92

    In dié episode van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Tania Heyns en Nico Strydom oor Amazon se vereistes rondom swart eienaarskap en die maatskappy se verduideliking dat sy beleid eintlik inklusief is – ons verstaan die woorde net verkeerd. Hulle vra ook waarom dit belangrik is om teen onredelike vereistes en norme terug te druk, eerder as om bloot te aanvaar dat “dit nou maar die wet is”.
    25 min
  • Net nog enetjie | ANC se wiele val af | Ep. 91
    Net nog enetjie | ANC se wiele val af | Ep. 91

    In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Tania Heyns, Nico Strydom en Connie Mulder oor alles ANC. Gaan hulle hierdie verkiesing oorleef of maak hulle net mooipraatjies terwyl die gebou agter hulle aan die brand is?

    00:00 Welkom terug
    02:12 Alles ANC
    05:28 Hoekom die rusbank wen
    08:28 ANC mis die bus
    12:58 Mega-metro, mega-gemors
    18 min
  • Net nog enetjie | ANC hou mej. Munisipaliteit | Ep. 90
    Net nog enetjie | ANC hou mej. Munisipaliteit | Ep. 90

    Met die munisipale verkiesing minder as drie maande weg, het die ANC uiteindelik ook hulle manifes en “kandidate” vir burgermeestersposte bekendgestel. Met al hulle varkies wat egter nog nie mooi op hok is nie, het hulle vanjaar besluit om ʼn mej. Munisipaliteit te hou en die finaliste, eerder as kandidate, vir al die metro’s aangewys.

    In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Nico Strydom en Tania Heyns oor hierdie en ander politieke verwikkelinge.
    22 min
  • Net nog enetjie | Meer mag aan die mense! | Ep. 89
    In dié week se aflewering van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en gasaanbieder Tania Heyns oor die DA se pas bekendgestelde 2026-verkiesingsmanifes.
    Dié nuwe verkiesingsmanifes erken ʼn ongemaklike werklikheid: wat tans in die meeste munisipaliteite gebeur, werk eenvoudig nie. As die huidige antwoord nie werk nie, is die vraag wat die beste antwoord dan op ons probleme gáán wees?
    26 min
  • Net nog enetjie | Vir wie om te stem | Ep. 88
    Kom elke week saam vir 'n bier na werk en nuuspraatjies saam met Christel, Connie en Nico.
    Aanbieders: Christel Cornelissen, Connie Mulder en Nico Strydom.
    "Net nog enetjie" word vervaardig deur Maroela Media.
    27 min
  • Net nog enetjie | Waghond, bloedhond, skoothond of muishond? | Ep. 87
    Die media word dikwels beskryf as die samelewing se waghond – die instansie wat daarmee getaak is om die maghebbers dop te hou en aanspreeklik te hou. Maar hoeveel vertroue het mense vandag nog in die media? En wanneer verander ʼn waghond in ʼn bloedhond, skoothond of selfs ʼn muishond? In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Christel Cornelissen, Nico Strydom en Connie Mulder oor die stand van die media in Suid-Afrika.
    24 min
  • Net nog enetjie | Moet nooit jammer sê vir aan jou eie kant wees nie | Ep. 86
    Net nog enetjie | Moet nooit jammer sê vir aan jou eie kant wees nie | Ep. 86

    In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor of Afrikaners onkant is wanneer hulle aan hulle eie kant wees? Is jy noodwendig téén almal anders wanneer jy bloot aan jou eie kant wil wees?
    29 min
  • Net nog enetjie | Mense en hul grense | Ep. 82
    Net nog enetjie | Mense en hul grense | Ep. 82

    Dit is nou ʼn week voor 30 Junie wat die groep March and March as sperdatum gestel het vir onwettige buitelanders om terug te keer na hul lande van herkoms. Is daar grootskaalse geweld op pad en gaan alle buitelanders, ook wettige immigrante, geteiken word? Is die regering hierdie keer voorbereid om moontlike openbare onluste en geweld stop te sit voor dit uitbreek?
    26 min

About Net nog enetjie

From the publisher's feed

Kom elke week saam vir 'n bier na werk en nuuspraatjies saam met Christel, Connie en Nico.