Eensgesind Klanklêers

Nog 'n Daisy? Die storie van Maria Lee


Listen Later

Daisy de Melker het bekend geword as gevolg van die moorde wat sy gepleeg het. Sy het dit gedoen deur middel van arseenvergiftiging. Min mense het al gehoor van Maria Lee wat presies dieselfde gedoen het - net so tien jaar na De Melker. Dit is bekend waarom Daisy de Melker moorde gepleeg het, maar hoekom het Maria Lee ʼn moordenares en doodveroordeelde geword? In hierdie episode van Dossier word haar storie kortliks vertel.


Maria Lee (ʼn nooi Van Niekerk) het in Lichtenburg grootgeword. Sy het op 16 die eerste keer getrou, maar dit sou nie haar laaste huwelik wees nie. Drie kortstondige huwelike sou volg. Die laaste een het in moord geëindig.


Maria Lee was net soos Daisy De Melker ʼn Femme Fatale. Haar slagoffer, Alwyn Smith, het nie agtergekom dat hy siek geword het omdat sy vrou besig was om hom te vergiftig nie. Maar Maria sou wel dieselfde vonnis as Daisy de Melker kry. Al wat sy nie gekry het soos Daisy nie, is die status van ʼn legendariese figuur.


Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.

...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

Eensgesind KlanklêersBy Eensgesind Klanklêers

  • 5
  • 5
  • 5
  • 5
  • 5

5

2 ratings