Nóú pra’ jy
Download on the App Store

Nóú pra’ jy episodes

  • Chris Chameleon: Een eier sonder ’n hen asseblief
    My versigtigheid begewe my en ek blaker dit uit: “Liewe land, dankie tog, ek voel al lankal so!”. Ek kry kopknikkende instemming in plaas van die ongemaklike verbasing wat ek verwag het. Wag ’n bietjie, miskien is hierdie Kapenaars nie so sleg nie. Kom ek voer dit verder!
    7 min
  • Chris Chameleon: Dr. Uyl se spieël (deel twee)
    Deur Chris Chameleon
    Ansie voel hoe haar gemoed vol skiet. Sy verstaan nie wat oor haar kom nie. ʼn Snik, diep uit ʼn deel van haar bors waarin sy so lank gelede asem geteug het dat haar lyf al vrede gemaak het daarmee dat dit nie bestaan nie, betrap haar onverhoeds.
    6 min
  • Chris Chameleon: Dr. Uyl se spieël
    Deur Chris Chameleon
    Hulle het in kroeë van hom gefluister en die meeste van hulle het hulle krae hoër opgetrek en met sonbrille by sy praktyk ingestap, nadat hulle eers ʼn keer links, en dan regs, en dan weer links oor hulle skouers gekyk het om te kyk of ander nie kyk nie.
    7 min
  • Chris Chamelen: Die dood van patriotisme
    Deur Chris Chameleon
    Terug by patriotisme – nie die soort patriotisme wat kunsmatig aangeblaas word deur die lang gekoesterde gedeelde religie van verwyt of kortstondige sportprestasies nie, maar die ware soort wat ontkiem het in die boesem van gedeelde waardes en deur vele geslagte van kulturele onderhoud versterk en ingewortel is.
    10 min
  • Chris Chameleon: Die vierde wens
    Deur Chris Chameleon
    Die oggendson breek deur my wimpers en die blonde krulleglans van twee pragtige dogtertjies wat oor die ontwakende lyf van my vrou by ons bed staan en ons wakker roep. Die kamer in goue gloed, my lewe in goue gloed. Ek het klaar my wens gekry.
    7 min
  • Chris Chameleon: Die oorborrelende seepkissie
    Deur Chris Chameleon
    Die seepkissie het wel in sekere opsigte nie die kaf van die koring kon skei nie, in soverre diegene met goeie menings nie gehoor was as hulle nie goeie stemme gehad het nie, en diegene met goeie stemme en goeie idees nie kon opgang maak as hulle sosiaal verleë was nie. Vandag is dit anders.
    7 min

About Nóú pra’ jy

From the publisher's feed

Op Maroela Media se debatsplatform, "Nóú pra’ jy", word daar meningstukke, rubrieke en lesersbriewe gepubliseer. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.