OFM Nights

OFM Nights

By OFMLeisureMusic
Download on the App Store

OFM Nights episodes

  • Agter die skerms met Deon Lotz: Die man agter Argos Meyer
    Hy is die skurk wat jy liefhet om te haat maar hoe lyk die man agter Argos Meyer? Ons het met Deon Lotz gesels oor sy rol in Die Toring, die genot om 'n karakter te speel wat dinge doen wat jy nooit sou nie, en die geheime wat nog om elke hoek wag. Van die vibe op stel tot die bankwese wat na verfilming skielik interessant geword het. Deon gee ons 'n kykie agter die skerms.
    Moet dit nie misloop nie: Die Toring, Maandagaande om 21:00 op kykNET, kanaal 144.
    8 min
  • Twee geliefde gesigte groet Diepe Waters: Jean Henry en Altus Theart se laaste draaie
    Hierdie week neem twee bekende Boskruin-inwoners afskeid. Jean Henry (Arno) maak Woensdag 23 September sy finale verskyning, terwyl Altus Theart (Rossouw) Donderdag 24 September sy laaste buiging maak. Albei karakters verlaat die dorp onder heel verskillende omstandighede, Arno ná die ineenstorting van sy huwelik met Karla, en Rossouw wat die rekenmeesterstafel vir die dansvloer in Kaapstad verruil. Jean Henry gesels oor sy karakter se hartseer reis en sy afskeidsboodskap aan kykers, terwyl Altus Theart terugkyk op sy tyd as Rossouw Swarts. Moenie die laaste hoofstukke misloop nie.
    22 min
  • Morné Visser sluit aan by Skemergrond maar kan jy hom vertrou?
    Morné Visser bekend vir Summertide, Spooksoeker en Straat, betree Skemergrond as Rynard Fuchs 'n sjarmante sakeman met 'n geheim. Hy is 'n man wat kry wat hy wil hê, maar waarsku self: " 'n Slang moet nou en dan sy vel afgooi." Vir Morné is dit 'n nuwe uitdaging, sy eerste romantiese rol. Is Rynard te betroubaar? Kykers sal self moet besluit. Volg sy storielyn vanaf Dinsdag 1 September 2026 op kykNET&kie (DStv 145) om 19:30.
    7 min
  • Tracey-Lee Oliver tree vir die laaste keer in Pam se skoene op.
    Tracey-Lee Oliver wat Pam in Diepe Waters gespeel het gesels oor die karakter wat hierdie week na ’n tragiese skietvoorval tot ’n einde gekom het. Sy deel hoe Pam op die regte tyd in haar lewe gekom het en wat sy oor die jare geleer het van Zelda se "loskop" dogter tot ’n Swarts, ’n suksesvolle besigheidsvrou en Siseko se bruid.• Diepe Waters word Maandae tot Donderdae 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai
    15 min
  • Diep Gesels met Sandi Schultz oor Diepe Waters en haar Silwerskerm benoeming
    Sy het dit amptelik gemaak! Sandi Schultz het vanjaar haar heel eerste toekening vir haar toneelspel in haar hele loopbaan losgeslaan by die 14de kykNET Silwerskermfees, vir haar rol as Zelda Joubert in die telenovela Diepe Waters na 'n benoeming verlede jaar en 'n tweede een vanjaar. Sy gesels met ons oor haar bekroonde karakter, die jongste storielyne, en haar reis van UCT tot Hollywood en terug. 'n Buitengewone verhaal van deursettingsvermoë wat eindelik erkenning kry, moenie dit mis nie!
    11 min
  • Druk Dit! Juandré de Jager oor die krag agter die dokumentêr.
    Juandré de Jager, regisseur en vervaardiger van die dokumentêr "Druk Dit!", praat met ons oor haar nuwe dokumenter wat vanjaar by die Silverskermfees vertoon. Die dokie volg Terence Opperman bedags 'n werker by 'n steenkoolmyn in Witbank, snags "The Highlander" op die armdruktafel. Dit is 'n storie oor oorwinning en verlies, maar veral oor die menslike drang om vas te klou aan hoop, identiteit en aan mekaar. Luister na die gesprek oor die subkultuur agter die sport en die reis tot wêreldkampioenskap.
    9 min
  • 'n Liefde vir die Melkman: Michelle le Roux gesels oor Twee persent
    Michelle le Roux skrywer, aktrise en mede-regisseur kuier by OFM om te gesels oor haar nuwe stilistiese komiese kortprent, Twee persent. In 'n wêreld vol ouwêldse sjarme en 'n tikkie absurditeit vertel die film die verhaal van Charlotte, wat kapsie maak teen haar eie hart toe sy verlief raak op die melkman Ernest as lactose intolorent. Die film debuteer by vanjaar se kykNET Silwerskermfees, en Michelle deel hoe hierdie eenvoudige gedagte ontwikkel het in 'n volwaardige kortprent, hoe sy en Heinrich Laubscher die projek saam geregisseer het, en wat kykers kan verwag uit die verbeelde wêreld van Suville.
    13 min

About OFM Nights

From the publisher's feed

OFM Nights with Ashmund Martin, Mondays to Thursdays, 19:00 - 23:00 and 18:00 - 23:00 on Fridays.