Pinelands Gemeente

Pinelands Gemeente

Download on the App Store

Pinelands Gemeente episodes

  • 2026 10 11_Fil 4:1-9_Fyn aanvoeling

    Fyn aanvoeling · Filippense 4:1–9 · Ds. Helgard Pretorius · Pinelands Gemeente, 11 Oktober 2026.


    Paulus bid aan die begin van sy brief dat die Filippense se liefde sal toeneem "in kennis en alle fyn aanvoeling" (Fil 1:9). In hoofstuk 4 sien ons hoe dit lyk – midde-in 'n konflik tussen twee medewerkers. 'n Preek oor estetika en anestetika: hoe ons sintuie skerp hou wanneer konflik, pyn en moegheid ons eerder laat afstomp; oor Iris Murdoch se valk by die venster, John en Julie Gottman se navorsing oor verhoudings wat hou (en die klein "kom kyk"-oomblikke waarvan alles afhang), en Paulus se raad om te reken met alles wat waar en lieflik is – soos hy self doen voordat hy vermaan.


    Afgesluit met John O'Donohue se seën "For the Senses" (Benedictus).


    Skriflesing: Filippense 4:1–9 (2020-Vertaling en The Message).


    *Description (English):*


    Finely attuned · Philippians 4:1–9 · Rev. Helgard Pretorius · Pinelands Congregation, 11 October 2026.


    Paul prays at the start of his letter that the Philippians' love will grow "in knowledge and in all fine attunement" (Phil 1:9). In chapter 4 we see what that looks like – in the middle of a conflict between two co-workers. A sermon on aesthetics and anaesthetics: keeping our senses sharp when conflict, pain and tiredness would rather numb us; on Iris Murdoch's kestrel at the window, John and Julie Gottman's research on relationships that last (and the small "come and look" moments on which everything turns), and Paul's counsel to reckon with whatever is true and lovely – as he does himself before he admonishes.


    Closing with John O'Donohue's blessing "For the Senses" (Benedictus).

    32 min
  • 2026 10 04_Fil 3:3-14_Gravity and Grace / Swaartekrag en Genade

    Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad

    Doopdiens · Doop en openbare belydenis van geloof
    Filippense 3:3–14
    4 Oktober 2026
    Koninkrykstyd 19

    Simone Weil het geskryf dat al die natuurlike bewegings van die siel beheer word deur wette soos dié van swaartekrag — genade is die enigste uitsondering. Paulus lees sy indrukwekkende CV voor en reken alles wat eers wins was nou as verlies, want hy is self deur Christus Jesus gegryp — en wie só vasgehou word, kan laat gaan: skuld en skaamte, maar ook die trofeë en die voorgee, om net eg te wees voor God. Swaartekrag sê: hou vas, anders val jy. Genade sê: jy word reeds vasgehou.

    Lees die preek in Metgesel
    Die volledige preekteks, gespreksgids en verdere hulpbronne is beskikbaar in ons Metgesel-app:
    www.pinelandsgemeente.co.za/metgesel

    — — —

    Ondersteun ons gemeente
    Maak 'n bydrae via SnapScan

    pinelandsgemeente.co.za
    [email protected]

    24 min
  • 2026 09 27_Fil 2:1-13_In die hart van die loflied

    Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad

    Konings – of knoeiers? · Epiloog by die reeks
    Filippense 2:1–13
    27 September 2026
    Koninkrykstyd 18

    Uit die tronk skryf Paulus 'n brief om dankie te sê — en in die hart van daardie dankbrief staan 'n loflied, en in die hart van die loflied, die hart van God: 'n Koning wat sy Godheid nie beskou as iets om aan vas te klem nie, maar Homself leegmaak, tot die dood aan 'n kruis. Saam met Richard Rohr se Breathing Under Water sê die preek ons is almal verslaafdes — aan beheer, aan reg-wees, aan ons eie prentjies van God — want verslawing is die naam vir alles waaraan ons vasklem, al maak dit ons dood. Die gesindheid van Christus kom nie deur harder probeer nie, maar van buite af, as geskenk; die vraag wat oorbly: waaraan klem ek vas — en kan ek dit laat gaan?

    Lees die preek in Metgesel
    Die volledige preekteks, gespreksgids en verdere hulpbronne is beskikbaar in ons Metgesel-app:
    www.pinelandsgemeente.co.za/metgesel

    31 min
  • 2026 09 20_Jer 36:20-26_Reddingsboot

    Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad

    Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd
    Jeremia 36:20–26
    20 September 2026
    Preek 8 van 8

    In 1807 het 'n sendingorganisasie 'n Bybel vir slawe in die Wes-Indiese eilande laat druk waaruit die eerste agtien hoofstukke van Eksodus weggelaat is: die mak God wat reëls gee, was aanvaarbaar — nie die wilde God wat noodkrete hoor en teen die Farao's van die wêreld opstaan nie. Dit is 'n growwe weergawe van wat koning Jojakim in Jeremia 36 doen. Dit is 605 v.C., die Babiloniese leër is in die land, 'n vasdag word uitgeroep, en Barug lees drie-en-twintig jaar se prediking hardop in die tempel voor. Waar Josia verlede week die boekrol gehoor en sy klere geskeur het, sny sy seun die boekrol vel vir vel af en gooi dit in die vuur — 'n "vertoning van onverskilligheid" (Eugene Peterson) wat die waarheid met 'n pennemes op 'n afstand hou. Maar die verhaal eindig nie by die vuur nie: God sê skryf dit weer, en Barug voeg "nog baie soortgelyke woorde" by. Vyf werkwoorde dra die verhaal — vat, skryf, hoor, omdraai, vergewe — en wys 'n God wat iets te sê het en gehoor wil word, juis in 'n krisis. Peterson vra watter een boek jy op 'n verlate eiland sou kies, en antwoord: Butler's Practical Guide to Boat-Building. So is die Bybel 'n woord aan skipbreukelinge, 'n reddingsboot waarmee 'n verlore samelewing sy weg huis toe vind — en dié boot bou ons saam, nie as private vlot vir my en my gesin nie. Die preek vra dit konkreet oor die nege vroue wie se liggame die afgelope twee maande in Ekurhuleni gevind is en oor 'n vrouemoordsyfer vyf keer die wêreldgemiddeld: wat moet ons hoor, en wat is die inkeer wat God van ons vra? Ná agt Sondae se konings wat kom en gaan, bly nie 'n koning oor nie, maar die Woord wat nie brand nie — steeds besig om, in Johan Degenaar se woorde, van Christene mense te maak.

    Lees die preek in Metgesel
    Die volledige preekteks, gespreksgids en verdere hulpbronne is beskikbaar in ons Metgesel-app:
    www.pinelandsgemeente.co.za/metgesel

    — — —

    Ondersteun ons gemeente
    Maak 'n bydrae via SnapScan

    pinelandsgemeente.co.za
    [email protected]

    31 min
  • 2026 09 13_2 Kon 22-23_Die vergete boekrol

    Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad

    Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd
    2 Konings 22–23
    13 September 2026 · Nagmaal
    Preek 7 van 8

    Stel jou voor jy kom ná jare terug by die kerk van jou kindertyd: die hek skeef, 'n ruit stukkend, alles onder stof, en op die kansel 'n Bybel wat niemand meer lees nie. Dit is die prentjie waarmee 2 Konings 22 begin — 'n vervalle tempel, 'n vergete boekrol, 'n fees wat eeue lank nie gevier is nie. Ná sewe Sondae se konings wat vat, ontmoet ons 'n koning wat goed wou doen. Josia hoor die boekrol en skeur sy klere; hy roep die volk bymekaar, van klein tot groot; hy vier die pasga. Drie dinge wat ons by hom kan leer, soos die drie bene van 'n potjie: luister (die Sjema — om te hoor is om te doen), verbind (verbondenheid, met God en met mekaar — 'n ring, nie 'n string nie), en vier (Abraham Heschel: "People of our time are losing the power of celebration"). En toe? Josia sterf jonk en die ballingskap kom tog. Was dit die moeite werd? Met Václav Havel: hoop is nie die oortuiging dat iets goed sal afloop nie, maar die sekerheid dat iets sin maak, hoe dit ook al afloop.

    Lees die preek in Metgesel
    Die volledige preekteks, gespreksgids en verdere hulpbronne is beskikbaar in ons Metgesel-app:
    www.pinelandsgemeente.co.za/metgesel

    — — —

    Ondersteun ons gemeente
    Maak 'n bydrae via SnapScan

    pinelandsgemeente.co.za
    [email protected]

    35 min
  • 2026 09 06_1 Kon 21_Nie te koop nie

    Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad

    Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd
    1 Konings 21
    6 September 2026 · Tuindag
    Preek 6 van 8

    Waar is jou hartsplek? Daar is 'n naelstring tussen grond en gees, en juis daarom is die seer rondom grond in ons land so groot. Langs koning Agab se paleis lê Nabot se wingerd, en die koning se aanbod is billik — 'n beter wingerd, of die prys in silwer. Tog sê Nabot nee: "Mag die Here my daarvan weerhou dat ek ooit die erfgrond van my voorgeslagte aan u gee!" Twee maniere om na grond te kyk bots hier — die wandelpad wat om die klip loop, en die snelweg wat die klip wegskiet. Die preek luister na 'n /Xam-gedig van ons eie bodem, Dia!kwain se "die gebreekte snaar" (vert. Antjie Krog), vra wat dit beteken dat die Here die grond steeds "Nabot se wingerd" noem — mense vergeet, maar God onthou — en stuur die gemeente tuin toe: om die grond te bewerk en op te pas is ons kant van God se onthou. Dit sluit af met reëls uit 'n Sabbatsgedig van Wendell Berry, wat verlede week oorlede is: "Found your hope, then, on the ground under your feet."

    Lees die preek in Metgesel
    Die volledige preekteks, gespreksgids en verdere hulpbronne is beskikbaar in ons Metgesel-app:
    www.pinelandsgemeente.co.za/metgesel

    — — —

    Ondersteun ons gemeente
    Maak 'n bydrae via SnapScan

    pinelandsgemeente.co.za
    [email protected]

    35 min
  • 2026 08 30_1 Kon 10:1-13_Solly … is jy hêppie?

    Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad

    Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd
    1 Konings 10:1–13
    30 Augustus 2026
    Preek 6 van 9

    Die koningin van Skeba kom kyk self of Salomo so slim en deftig is soos almal sê — en wat sy sien, slaan haar asem weg: "Die helfte is my nie eers vertel nie!" Sy noem die koning se dienaars gelukkig. Maar wie is nie op haar lys nie? Met 'n knipoog na Philip de Vos se Salomo-gedig ("Solly … is jy heppie?") volg die preek die vraag agter die glans: die dwangarbeiders wat niemand raaksien nie, die een ware sin wat die koningin onwetend uitspreek — "reg en geregtigheid" — en die hart wat eers vir die Here lief was en toe aan ander dinge begin vaskleef het. En dan die Een wat meer as Salomo is: die koning in die voerbak, wat vra of ons régtig heppie is — en ons nooi om eerste sy koninkryk en sy geregtigheid te soek.

    Lees die preek in Metgesel
    Die volledige preekteks, gespreksgids en verdere hulpbronne is beskikbaar in ons Metgesel-app:
    www.pinelandsgemeente.co.za/metgesel

    — — —

    Ondersteun ons gemeente
    Maak 'n bydrae via SnapScan

    pinelandsgemeente.co.za
    [email protected]

    27 min
  • 2026 08 23_2 Sam 11:1-12:13_Jy is die man!

    Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad


    Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd

    2 Samuel 11:1–12:13

    23 Augustus 2026

    Preek 4 van 8 · Nagmaal


    Dawid se blik vanaf die dak is die reeks se donkerste oomblik: hy stuur, hy vat, en 'n masjien van toesmeer kom aan die gang — totdat Batseba se enkele sin, "Ek is swanger," die koning se beheer laat tuimel en Natan se gelykenis hom voor die waarheid stel: "U is die man!" Die preek benoem eerlik wat eeue se lesings verdoesel het, en volg dan Dawid se kort, opregte belydenis — geen spin, geen verskoning nie — na die God wat Batseba raaksien én vir Dawid sê: kom huis toe. Want die pad huis toe loop deur die waarheid.


    Lees die preek in Metgesel

    Die volledige preekteks, gespreksgids en verdere hulpbronne is beskikbaar in ons Metgesel-app:

    https://www.pinelandsgemeente.co.za/metgesel

    27 min
  • 2026 08 16_1 Sam 16:1-13_… maar die Here kyk na die hart

    Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad

    Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd1 Samuel 16:1–13Sondag 16 Augustus 2026Preek 3 van 8

    Samuel word gestuur om 'n nuwe koning te salf, en selfs die profeet kyk verkeerd: Eliab lyk soos 'n koning, maar "die HERE kyk na die hart." Sewe seuns gaan verby; die agste — die jongste, by die skape, aan wie niemand eers gedink het nie — word gesalf. Die preek nooi ons om oor ons kyk na te dink: ons vinnige blik vol maatstawwe, teenoor God se blik wat nie 'n toets is nie, maar genade wat iets te voorskyn roep — 'n skaapwagtertjie word 'n koning deurdat God hom raaksien.

    Lees die preek in MetgeselDie volledige preekteks, gespreksgids en verdere hulpbronne is beskikbaar in ons Metgesel-app:www.pinelandsgemeente.co.za/metgesel

    — — —

    Ondersteun ons gemeenteMaak 'n bydrae via SnapScan

    pinelandsgemeente.co.za[email protected]

    27 min

About Pinelands Gemeente

From the publisher's feed

Preke, gesprekke en meditasies vanuit Pinelands Gemeente se wandel met God.