Sign up to save your podcasts
Or
Hy is in 1992 die “Held van Potchefstroom”genoem toe die KP daardie kiesafdeling in ʼn tussenverkiesing gewen het. Niemand het verwag dat die NP Potchefstroom sou verloor nie, maar Andries Beyers (voormalige KP-hoofsekretaris) het die NP tot ander insigte gebring.
Grootgeword in ʼn “Nasionale Party-huis” en geskool in die teorieë van Staatsleer, het Andries Beyers die gemeenskap van Lichtenburg as hulle LPR, onder dr Ferdi Hartzenberg LV, gedien. Maar net soos met die ander “KP's” was die ontnugtering met Eerste Minister P.W. Botha sterk genoeg om hul bedankings teen 1982 in te dien.
Beyers sou die Konserwatiewe Party (KP) vir ʼn volle dekade dien voordat hy met vyf ander KP-LV's ʼn skeur in die amptelike opposisie sou veroorsaak en die Afrikaner Volksunie (AVU) tot stand sou bring. Dit het ook in 1992 gebeur. Beyers sou wel nie 1992 afsluit as leier van die AVU nie en het ʼn ander heenkome gekry.
Amper twintig jaar sedert sy politieke loopbaan tot ʼn einde gekom het, was mnr. Beyers gewillig om met Eensgesind te gesels. Sy loopbaan vertel die storie van ʼn pragmatiese politikus gedurende moeilike tye in die Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis. Luister en bepaal of u saamstem of nie.
Hosted on Acast. See acast.com/privacy for more information.
5
22 ratings